h1

14.7.2014 Tannie Ria

17 July , 2014

image

Ek kan nie glo jy’s weg nie…

Nie meer op jou pos in jou stoel in die kombuis, glas wyn in die hand, rokies op die kas, altyd gereed om drukkies uit te deel of ‘n skouer om op te huil, of te luister en raad te gee…of te skater van die lag nie nie.

Net weg…

Daar is donker tye wat ek nie weet of ek anderkant sou uitgekom het sonder jou nie. Jy met jou klein armpies en jou groot hart. Op een so ‘n geleentheid het ek daar gesit en kla, en na seker ‘n uur of meer het jy gesê…weet jy my kindjie, ek sit nou hier na jou en luister en ek hoor baie “ek voel” en “ek dink”, maar waar is die “ek besluit” en die “ek doen”? Jy gaan jouself mal maak met hierdie ander kak, en dis nie hoe ek jou ken nie. Mwahaha…spyker op die kop soos gewoonlik, ek dink altyd aan jou woorde wanneer ek vasval in ‘n ek dink en ek voel situasie.

Dankie vir al die lag saam, die geselsies oor die wêreld en wat nog – soms deur die nag om daai kombuis kas. Dankie vir al die liefde.

Ek is jammer dat ons nie meer gekuier het nie, veral die laaste paar jaar. En ek is jammer dat jy nooit vir Nicola ontmoet het nie, sy is die beste dingetjie wat nog ooit met my gebeur het en ek dink jy sou dit geniet het om te sien hoe sy my op my tone hou.

Jy los ‘n groot gat Tannie Ria, ‘n LEEMTE. My hart is stukkend.

Slaap sag…

12 comments

  1. Ek’s jammer om te hoor oor jul slegte tyding. Sterkte.


  2. big hugs


  3. Jammer om te hoor!


  4. *drukkie* sterkte


  5. Sorry for your loss, Louisa. This is so beautifully written. x


  6. Baie jammer om jou nuus te hoor! Sterkte!

    (en so baie mooi geskryf!)


  7. Would it not have been brilliant if Tannie Ria could have read this.
    I am sorry to hear of your loss, but sometimes people end off in a better place, but they never leave your heart, as I’m sure Tannie Ria never will leave yours…


  8. Ek stuur vir jou ‘n stywe drukkie vriendin. Daar is party mense wat maar net weet hoe om pleisters op ons siele te plak xx


  9. So jammer om te hoor vriendin. Ai, daai plekkie gaan baie leeg wees in jou hart. En wat ‘n pragtige getuienis vir haar


  10. Thank you everybody – dankie almal van julle… xxx


  11. Jammer vie jou verlies. Mag haar siel rus in voolmaakte vrede.
    Hopefully this makes sense


    • It makes perfect sense – thank you🙂



Say something...come on! You know you want to?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: